DIAKONIE
Die diakonie word geroep om sorg te dra dat die gemeente hulle eenheid in Christus in daadwerklike onderlinge liefde beoefen en is dus hulle behulpsaam met die instandhouding van die erediens. Daar word met toegewydheid toegesien dat die gelowiges aan almal goed doen en mededeelsaamheid toon en sodoende die liefde van Christus openbaar. Daarom word die lidmate besoek en word daar sorg gedra dat nie een deur armoede, eensaamheid, ouderdom, siekte of om watter rede ook al van die geloofs-gemeenskap vervreemd raak nie. Die diakens moet deur middel van die middele wat gegee word dié bystaan wat in nood verkeer, die middele moet sorgvuldig beheer, met wysheid bestee en met vertroosting uit die Skrif uitgedeel word. Die diakonale middele of fondse word bekom uit kollektes of die dankoffers wat tydens die eredienste afgedra word. Verder hanteer die diakens ook gemeentelike funksies soos deur die kerkraad goedgekeur. Die doel van die funksies is om die gemeenskap van heiliges te bevorder.
Die diakonie het ‘n generiese e-pos adres geskep om kontinuiteit te behou as daar verwisseling van funksionarisse is. Alle korrespondensie aan die diakonie moet na hierdie e-pos adres gestuur word.
Die e-pos adres is: diakoniegktd@gmail.com