Die susters van GK Totiusdal het vanoggend ‘n baie verrykende oggend met mekaar gedeel. Ds Lohan Linde van GK Wonderboom-Suid het die susters kom toespreek oor die identiteit van ‘n moeder (so voor moedersdag).
Ma’s wonder gereeld of hulle genoeg doen vir hul gesin. As mens Rut lees en luister hoe Naomi se lewensverhaal verloop was daar ook verskillende tye wat sy verskillende dinge gevoel en ervaar het en ook soms moedeloos was.
Soos wat die Here haar gelei het, so stap Hy ook met ons ‘n pad. Al is ons nie ‘n hoofkarakter nie, pas ons in God se Raadsplan in soos wat Naomi ingepas het in die voorbereiding vir die koms van Jesus Christus.
Die mooi mosaïek aktiwiteit herinner ons dat ons, net soos elke mosaïek steentjie belangrik is om ‘n groot prentjie te vorm, ons in God se groot Raadsplan ook elkeen belangrik is vir die groter geheel.
Die susters het heerlik kreatief gekuier en bande versterk.

